
=====================================================================
Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans

Gawie Keyser   vertel van 'n herlewing van belangstelling in die Afrikaanse boek by Nederlandse skole, maar wel in vertaling.

SEDERT die jare sestig het die aanwesigheid van Afrikaans op Nederlandse skole 'n afwaartste spiraal getoon wat in die donkerste tyd van 
apartheid 'n laagtepunt bereik het. Vanwe die hernieude aandag hier vir Suid-Afrika en Afrikaans begin leerkragte nou weer om die 
letterkunde van di taal aan hul leerlinge bekend te stel.

Weens die groot vryheid wat Nederlandse onderwysers het om hul lesprogramme self saam te stel, sou Afrikaans eintlik gemaklik in die 
leeslyste van leerlinge kon insypel. En dit het in die jongste tyd byna ongemerk gebeur. Juis die eie liefde en voorkeur van heelparty 
onderwysers vir die Afrikaanse letterkunde is tans die dryfkrag agter 'n oplewing daarvan op Nederlandse skole.

Die vryheid wat onderwysers en leerlinge van owerheidwe op die gebied van die letterkunde geniet, maak dit egter moeilik om die tekens 
behoorlik te kan interpreteer. Daar is geen sentrale beleidsplan nie en tot nog toe vind min of geen kordinasie rakende Afrikaans of die 
Suid-Afrikaanse letterkunde tussen die onderwysers plaas.

Van 'n gestruktureerde invoering van Afrikaanse letterkunde op Nederlandse skole is nog nouliks sprake. Wanneer die huidige situasie egter 
met di van die sestigerjare vergelyk word, blyk wel 'n duidelik stygende lyn vir Afrikaans op Nederlandse skole.

Om tog 'n indruk van die stand van sake te kry word nou 'n nasionale netwerk voorgestel om leerkragte bymekaar te bring wat op die een of 
ander manier Afrikaans by hul lesse betrek. Een dosent wat reeds flink met Afrikaans werk, pleit selfs vir 'n kongres op kort termyn, sodat 
ander onderwysers op die hoogte gebring kan word van die moontlikhede wat die onderrig van Afrikaanse letterkunde op Nederlandse skole het.

Mev. Susan van der Ree, dosent aan die Christelijke Hogeschool in die   Nederlandse stad Ede, wil met haar voorstel oor 'n netwerk 
aanvanklik laerskoolleerlinge in aanraking bring met die wreldliteratuur, veral uit lande waar Nederlands ook 'n rol gespeel het: 
Indonesi, Suriname, die Nederlandse Antille en Suid-Afrika.

Mev. Van der Ree, tewens outeur van die handige naslaanwerk   Caleidoscoop -- Een bibliografisch overzicht van literatuur uit Zuid-Afrika   
in Nederlandse vertaling, wil haar onderwysstudente by die Edese kollege die jeugliteratuur as uitgangspunt laat gebruik vir wat 'n 
hertoetrede vir Afrikaans tot die laerskole moet word.

"Die studente gaan in Junie tydens hul praktyk by laerskole Afrikaanse tekste gebruik. Gedigte word op band in Afrikaans opgeneem en aan 
die kinders voorgespeel. S kan laerskoolkinders leer om kreatief met literre tekste om te gaan deur byvoorbeeld 'n Afrikaanse gediggie te 
vertaal," s sy.

Mnr. Andr van Dijk, onderwyser van Nederlands aan 'n Christelike   horskool in Veenendal, wys in 'n skematiese ontleding op die 
agteruitgang van Afrikaans in die leerplan. Tussen 1948 en 1966 kom Afrikaanse tekste nog ryklik voor in bloemlesings wat in 
letterkundeklasse gebruik is. Leerlinge kon kennis maak met Afrikaanse digters, asook met volksverhale uit Suid-Afrika oor byvoorbeeld 'n 
olifantjag of heldhaftige avonture van Boerestryders. Die bloemlesings het deurgaans 'n aparte afdeling vir Afrikaanse letterkunde bevat.

In 1967 tree die sogenaamde Mammoetwet in werking wat die letterkunde-leerplan ingrypend hervorm. Nuwe boeke word gedruk waarin die nadruk 
verskuif van die lees van historiese verhale na teks- en struktuurontleding. Die onderwysvernuwing het ook tot 'n verskerping van anti-
apartheidsopvattings in Nederland gelei, s mnr. Van Dijk.

"Afrikaans as taal in die Nederlandse onderwys het van die toneel verdwyn. Eienaardig genoeg is Andr P. Brink en Breyten Breytenbach wel 
behandel -- mits die tekste in Engels was. Die verdwyning het enersyds met die onderwysvernuwing en andersyds met die stigma van Afrikaans 
as apartheidstaal te make gehad."

In 1998 tree opnuut nuwe Nederlandse onderwyswetgewing in werking, genaamd die Tweede Fase. Di keer word die nadruk op die 
wreldliteratuur geplaas; die opstellers van die plan het daarna gestreef dat Nederlandse leerlinge en onderwysers meer insig in 
andersoortige kulture kry.

Mnr. Van Dijk glo: "Behalwe vanwe die verband tussen Afrikaans en Nederlands kan Suid-Afrikaanse letterkunde vir ons interessant wees om 
die ontwikkelings wat di eeu op kulturele gebied in die land plaasgevind het."

Onlangs het mnr. Van Dijk die vermaarde skrywer Adriaan van Dis uitgenooi   om met sy leerlinge oor die Suid-Afrikaanse letterkunde te kom 
praat. Van Dis, wat indertyd gedigte van Breytenbach in Nederlands vertaal het, het werke in Afrikaans voorgelees.

"Afrikaanse letterkunde kan 'n hele nuwe wreld vir die leerlinge oopmaak," s mnr. Van Dijk.

Leerlinge van die Sorgvliet Gymnasium in Den Haag leef al lank in hierdie wreld danksy die kennelik aansteeklike geesdrif van hul 
onderwyser: "Die koue rillings gaan deur jou wanneer jy Karel Schoeman se   Die Uur van die Engel   lees," s mnr. Hans Neervoort, 
onderwyser van Nederlands by   Sorgvliet. Nadat hy enkele jare gelede met Afrikaanse romans in aanraking gekom het, het hy sy nuutgevonde 
liefde vir die taal toenemend aan sy leerlinge (twaalf tot agtien jaar oud) oorgedra.

Mnr. Neervoort het vanjaar agtien leerlinge vir die eindeksamen. Onder sy begeleiding het die kinders gemiddeld twee Afrikaanse romans uit 
die toegelate twintig gekies. Sover vasgestel kan word, word by geen ander Nederlandse skool soveel aandag aan Afrikaanse boeke bestee nie.

Naas Karel Schoeman beveel mnr. Neervoort vir sy leerlinge ook skrywers soos Andr P. Brink, Etienne van Heerden, Riana Scheepers en Marita 
van der Vyver aan. Hoewel hy die romans moeiteloos in die oorspronklike Afrikaans kan lees, vind die leerlinge dit tog moeilik. "Hulle lees 
die boeke in vertaling, want hulle het nie altyd die tyd om moeite met die Afrikaanse tekste te doen nie; hulle moet immers nog sowat 
agtien ander boeke lees," s mnr. Neervoort.

Die kinders se belangstelling vir Afrikaanse boeke word verder aangewakker deur middel van 'n literre klub wat mnr. Neervoort enkele jare 
gelede in die lewe geroep het.

"Elke jaar probeer ek een Afrikaanse skrywer by die klub bekendstel. In die verlede was dit Brink, Van der Vijver en Scheepers. Aanstaande 
jaar kom Louis Krger by ons 'n voorleesaand hou.

"Die leerlinge vind die verhalende aspek van die Afrikaanse romans so mooi. Uit die Nederlandse literatuur word hulle natuurlik 
gebombardeer met boeke wat uiters outobiografies en beskouend is.

"Afrikaans het die apartheidstigma nou heeltemal afgeskud. Dis 'n nuwe geslag kinders wat nou in die Afrikaanse letterkunde belang stel," 
s mnr. Neervoort.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av448.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

